• Hannelie Naskool

    Huiswerk, leer dan speel

  • Toets kennis voor eksamens

    Vroegtydig

  • Akademie

    Ons gee om!

DIE KLEINTJIES

Graad R kinders word die hele jaar lank deur ons naskoolpersoneel by hulle klasse afgehaal en vergesel naskool toe. Hul word per voertuig na die Naskoolsentrum toe geneem, waar ‘n register geneem word by aankoms.

Middagete en sappie word aan al die naskoolkinders bedien voor huiswerktyd begin.

GRAAD 1-3

Graad 1 - 3 word in klasse bygestaan met die voltooiing van huiswerk. Ons help met al die geskrewe werk, wiskunde, lees en prente knip. Graad 4 tot Graad 12 doen hulle huiswerk in die saal, met die ondersteuning van naskoolpersoneel. Huiswerk word nagegaan na voltooing. Ons breek uurliks.

HUISWERK

Dit is van uitersbelang dat die leerlinge sover moontlik alle huiswerk by die naskool sentrum daagliks voltooi. Ouers moet die minimaal met huiswerk help. ________________________________________________ EKSAMEN en STUDIES ________________________________________________ Sodra afbakenings ontvang word, word alle aandag gegee om die leerlinge voorteberei vir die vraestelle. Alle moontlike pogings word aangewend om ± 2 weke voor elke vraestel voor te berei.

AKTIWITEITE

AKTIWITEITE Naskoolkinders mag naskoolse aktiwiteite bywoon indien hulle ouers skriftelike toestemming gee. ‘n Register word weereens gehou om seker te maak dat ons weet waar die kinders hulle ten alle tye bevind. Indien hulle laerskool-aktiwiteite bywoon gedurende huiswerktyd, moet hulle wel hulle huiswerk voltooi wanneer hulle terugkom. Leerlinge word vervoer na en van aktiwiteite.

NOODHULP

NOODHULP Die personeel is gekwalifiseerde in Noodhulp en ons het ook bystand van verskeie dokters en Noodhulp dienste indien nodig.

KONTAK ONS 

 

061 582 6247
061 508 2492